Marianke Rossouw, ‘n 14-jarige leerder van Blouskool in Kroonstad, is vir die Vrystaat 0/16-meisieskrieketspan gekies. Sy was ook as kaptein aangewys tydens ‘n toernooi wat in Pretoria gehou is van 1-4 Desember 2017.

Die toernooi het bestaan uit 35 beurte wedstryde en ook 20 beurte. Sy het in totaal 125 lopies aangeteken van 95 balle.

Haar span het altesaam 3 wedstryde gewen, 1 gelykop gespeel en 2 verloor. Sy word afgerig deur Leon Cronjé.