Op Vrydag, 23 November, het Werner Dreyer en sy span van One More saam met Chris van der Linde en Raymond van Reyneveld ‘n sterkman vertoning vir lettie Fouché se leerders aangebied.

Werner is die brein agter al die apparate. Chris Van der Linde is een van Bloemfonteinse sterkstes en gaan Suid-Afrika verteenwoordig in die Giant Games op 7 Desember in die VSA.

Raymond het ook die leerders vermaak deur ‘n paar leerders op ‘n Mahindra bakkie te sit en dan op te tel.

Die boodskap van die Sterk manne was om altyd bo jou situasie uit te styg, maak nie saak wat nie.

Hulle het die leerders met die volgende gedagte gelos: LOOK UP, GET UP, NEVER GIVE UP!