Nasionale Ope Water groep 2018:
Robbie Hattingh van Bethlehem Voortrekker Hoërskool is gekies deur Swem Suid-Afrika om deel te wees van die Nasionale Ope Water groep van 2018. Die groep sal verskeie oefenkampe bywoon gedurende die jaar. Oud-leerling Eric le Roux wat tans in Stellenbosch studeer, is ook vir die groep gekies.