BHVS is trots op 2018 matriekklas se 100% slaagsyfer. Akademiese uitnemendheid is die topprioriteit by Bethlehem Voortrekker Hoërskool.

Elke leerder bereik sy/haar volle potensiaal in ‘n gelukkige, lewenskragtige omgewing waar ‘n gesonde balans tussen akademie, sport en kultuur heers .

BVHS bied ‘n wye beroepsgerigte vakkeuse aan om aan meer as 153 van die leerders toelating tot tersiêre studies te bied. BVHS is ook ‘n omvattende skool omdat daar ‘n volledige tegniese afdeling bestaan waarmee die leerders ‘n N3-sertifikaat saam met hul Nasionale Senior Sertifikaat verwerf.

Hierdie gees van uitnemendheid blyk besonder duidelik uit die uitstaande uitslae van die 2018 gr.12-klas van BVHS. Nie alleen behaal hulle ‘n 100% slaagsyfer met 185 onderskeidings tussen die groep van 153. nie, maar 100% van hulle kwalifiseer om aan tersiêre instansies te gaan studeer.

73.85% het toelating vir graadstudies behaal, 22.23% vir diplomastudies en vir 9.92% hoër sertifikaatstudies. Daar is egter ‘n groot groep van die leerders wat aansoek doen om hul vraestelle te laat hermerk. Dit kan ‘n verandering in bogenoemde syfers meebring. Gemiddeld van 1.28 onderskeidings per leerder.

BVHS se 2018- matriekklas is deel van die groter groep leerders wat Nasionaal vir die eerste keer die eksamens afgelê het in die Tegniese vakke wat in 2016 by CAPS (kurrikulum) ingesluit is. Hierdie eksamen was egter ‘n waterskeidingsgeleentheid.

Volgens Umalusi bestaan daar nog nie ‘n norm om aanpassings in die vakke uit te werk nie. Geen van hierdie vakke se uitslae is dus aangepas nie. Welgedaan aan hierdie leerders wat ook nou ook spog met ‘n N3- kwalifikasie. Dit is een van die unieke geleenthede wat BVHS aan ons streek se kinders bied.

Jaarliks tel BVHS onder die Vrystaat se topskole wanneer die matriekuitslae bekend gemaak word.

Pieter Muller (7 onderskeidings)15de, Mila van Wyk (7 onderskeidings)29ste en Andre van Schoor (6 onderskeidings) 21ste bevind hulle onder die Top100-leerders in die Vrystaat.

Pieter behaal onderskeidings in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Besigheidstudies, Rekeningkunde, en Lewensoriëntering. Mila in Afrikaans HT, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Lewenswetenskappe, Rekeningkunde en Lewensoriëntering. Andre in EngelsEerste Addisionele Taal, Wiskunde, Fisiese Wetenskap,Besigheidstudies, Rekeningkunde, en Lewensoriëntering .

Daar is egter nog 2 leerders wat 7 onderskeidings behaal, nl. Riana de Jager en Leanne Lessing. Vyf leerders behaal 6 onderskeidings, 6 leerders het vyf onderskeidings elk, 4 het 4 A’s en 6 het drie elk. Die 2’s en 1’s voltooi die ryke oes.

7 Onderskeidings: Pieter Muller, Mila van Wyk, Riana de Jager en Leanne Lessing.

6 0nderskeidings: Queline de Jager, Franzet Farrell, Stephan Flemming, Daniël Miller en Andre van Schoor.

5 Onderskeidings: Janeli de Jager, Basetsana Malimane, Marissa Muller, Johnny Scholtz, Rene Shannon en Ané van der Merwe.

4 Onderskeidings: Leandri Becker, Marli Claasen, Karien de Jager en AB Vermaak.

3 Onderskeidings: Karabello Moloi, KR Ntomo, Steven Sacht-Luwes, Liezl Strauss, Carlo van Wyk en Ricus Weihman.

Die volledige lys van vakonderskeidings is as volg:

Afrikaans 1e Add taal – 7, Afrikaans Huistaal – 6, Besigheidstudies / Business – 6, Cat/ Rekenaartoepassingsteg – 1, Dramatiese Kunste – 2, Ekonomie / Economics – 4, English 1st Add Lang – 23, English HL – 1, Fisiese Wetenskap / Phys Science – 12, Gasvryheidstudies / Hospitality – 4, Ingenieursgrafika en ontwerp – 11, Lewenswetenskap / Life Science – 12, LO – 61, Meganiese Tegnologie – 1, Rekeningkunde / Acc – 8, Siviele Tegnologie – 2, Visuele Kuns / Arts – 1, Wiskunde / Maths – 11 en Wiskundige Geletterdheid / Maths Lit- 12.

Trekkertrots!