Bethlehem Voortrekker Hoërskool se 1ste Hokkiespan onoorwonne in die liga vir 2de jaar.

Bethlehem Voortrekker Hoërskool se 1ste Hokkiespan is onoorwonne in die liga vir die afgelope twee jaar. Die 1ste hokkiespan neem vanaf 9 – 11 Augustus deel aan die Super 12 toernooi, waartydens die top 10 beste skole in die land meeding.

Voortrekker is tans 7de gelys op die SA School Sport Rankings en beoog om in die top 4 te eindig tydens die Super 12 toernooi. Voortrekker se 1ste hokkie span het gegroei vanuit die top 100 na die top 10 beste skole in die land.