Die kompetisies vind nasionaal plaas om leerders in graad 6 en 7 wat ’n besondere aanleg in wiskunde en/of wetenskap te identifiseer.  Angelique Strydom van die Primêre Skool Jim Fouché in Bloemfontein, het die besonderse prestasie behaal om onder die top 30 deelnemers in die Wetenskap in Aksie projek te eindig.  JF is voorwaar trots op jou.