Andre Pienaar, graad 9-leerder van Hoërskool Hennenman het op 6 Februarie as lid van die Harmony Judo-klub, Virginia se nasionale groep, deelgeneem aan die National Ranking Event in Durban. Hy kompeteer in die afdeling: groep 4 – seuns en verower ‘n brons medalje!