Altus Aucamp (gr.11) van Grey Kollege in Bloemfontein, het vanaf 5-13 Oktober aan die Field wêreldkampioenskappe (IFAA World Field Archery Championships 2018 in South Africa) deelgeneem waar hy gekroon is as die wêreldkampioen!
Altus het ook die wêreldrekord in die “hunter” rondte verbeter en op die tweede dag weer sy nuwe rekord geëwenaar.