Matriekuitslae 2019: Hoërskool Witteberg spog met ‘n 98% slaagsyfer, 78.94% universiteitstoelating en 213 onderskeidings!

Hoërskool Witteberg is amptelik aangewys as die TOP Wiskunde en Fisiese Wetenskap skool in die Vrystaat! 6 Leerders is deel van die Top 50 in die Vrystaat.

Marisca Stander eindig onder die Top 10 in die Vrystaat. Sy behaal ook 100% vir Fisiese Wetenskap. Anroné van Tonder is die beste Verbruikerstudies-leerling in die Vrystaat.

Mev. Selbie Swart is aangewys aan een van die Vrystaat se Top Fisiese Wetenskap Onderwysers en Mev. Anne-Marie de Jongh is aangewys as een van die Vrystaat se Top Wiskunde-onderwysers.

2 Leerders, Anroné van Tonder en Elrine Zwarts behaal 8 onderskeidings elk!
3 Leerders, Lesta Barrie, Chrisné Kruger en Marisca Stander behaal 7 onderskeidings elk.
4 Leerders, Hanru Barnard, Rodé Grove, Dian Honiball en Stephen Nieuwoudt behaal elk 6 onderskeidings.
5 Leerders, Tarryn Ball, Dané Derks, Luca Loubser, Lerato Motaung en Marnus Zaaiman behaal elk 5 onderskeidings.

Vak-onderskeidings:
Afrikaans HT: 5
Afrikaans EAT: 3
Engels FAL : 14
Engels HT : 1
Wiskunde/ Maths : 14
Wiskunde G: 19
Fisiese Wetenskap/ Physical Science: 17
Rekeningkunde: 12
Ekonomie/ Economics: 2
IGO/ EGD: 4
Duits/ German: 2
LW/ LS: 10
Verbruikerstudie/ Consumer Science: 3
BESIGH / BUSIN : 2
VIS KUNS/ VIS ART: 1
GEOGR: 2
CAT:2
IT: 2
LO: 98