As graad 8- leerder het ek en een van die beste matrieks gehad, Lize Bester. Haar raad aan my was dat ek altyd net myself moet wees. In hierdie 4 jaar kon ek dit regtig by Rooiskool uitleef.

Onderwysers is altyd bereid om te help en die ekstra myl vir ons te stap. Vriende en vriendinne is gemaak wat altyd daar is vir my in my tye van nood en wat ‘n glimlag op my gesig kan sit. Ek was nog nie een dag spyt oor my keuse wat ek gemaak het om Rooies te kies as my hoërskool nie.

Wat gaan ek die meeste mis?
Ek gaan die aktiwiteite en my skoolondderig die meeste mis. Aktiwiteite waar ek en my vriende en vriendinne net kan ontspan en mekaar se geselskap kan geniet. My onderwysers omdat hulle so goed in klasse verduidelik en altyd tyd maak om jou te help.

Graad 11 leerder
~Jané Vorster~