Rooiskool Kroonstad is baie trots op hul atlete met hul pragtige prestasies by die SA’s In Port Elizabeth!

Lucian Bekker het ‘n 3de plek, in verspring behaal
Hanu Visagie behaal ‘n 6de plek in hamergooi.
Iwan Maree het ‘n 4de plek in verspring behaal.
Megan van Biljon eindig 4de in verspring. Sy het haar persoonlike beste tyd verbeter met 15cm met ‘n pragtige 5.29m.
Anricke Scriven eindig onder die Top 20 atlete in die 200m. (Sy is 0/16 en het 0/17 deelgeneem.)