Twee leerders van Primêre Skool Jordania in Bethlehem is in die Vrystaat Krieketspanne opgeneem.  Baie geluk aan Samokelo Lephoto (o/11A, links op foto) en SG Delport (o/13A, regs op foto) wat in die Vrystaat krieketspanne opgeneem is vir die nasionale toernooi wat in Desember vanjaar gaan plaasvind.