Elf landloopatlete van Hoërskool Reitz is onlangs verkies tot die Oos-Vrystaatspan, wat aan ‘n Interprovinsiale byeenkoms te Bloemfontein deelgeneem het.  Daar het in totaal 949 atlete deelgeneem.  Die provinsies wat deelgeneem het was Vrystaat, Noordwes en Griekwaland-Wes.

Op die foto bo is van links:

Voor:  Joanne Neethling (D 0/11), Wihan Neethling (S 0/8), Gideon du Toit (S 0/9), Estelle Neethling (D 0/8) en Elyné Neethling (D 0/11)

Agter:  Salume Heymans (D 0/18), Tienus de Wet ( S 0/17), me. Yzelle de Beer (Senior Vroue), Jacques Heymans (S 0/16), Monique Claassens (D 0/14) en Aluschka Heymans (D 0/13).