WJ van Niekerk Gr 1 leerder van Willem Postma skool  begin op die ouderdom van 5 jaar Motorfiets ry en het vroeg ‘n passie vir die sport ontwikkel. Dit is sy 2de agtereen volgende jaar waarin hy sy Vrystaat kleure verwerf vir die sport.

WJ se grootse droom is om soos sy ikoon Ryan Dungey wêreld kampioen te word. Hy leer van vroeg af om hard te werk vir iets wat hy wil hê.

WJ beklee tans die 4de posisie in die 50cc pro kategorie in die Vrystaat, weens tegniese probleme kon hy  1 wedren nie voltooi  nie.  Op die 24 September 2017 vind die grootste Mx wedren (North vs South) hier in Bloemfontein plaas . Dit is hier waar die jong manne in aksie gesien kan word,  verskeie Provinsies neem deel in die groot wedren en beloof om ‘n dag vol opwinding te wees.