Witteberg spog met 5 rugbymanne wat ingesluit was in die griffons o/19 rugbyspan. Hulle is van links; ST Meiring, Ruan Linde, Jaco Pieters, Franco Victor en Arno du Plessis. Jaco Pieters is gekies vir die internasionalespan wat Desember oorsee toer.