Witteberg se atlete het tydens die Suid-Afrikaanse Skole Kampioenskappe 29 Maart tot 1 April by die Kings Park Stadion in Durban puik prestasies behaal!

Nadja Fourie behaal ‘n 1ste plek in paalspring dogters o/19 behaal.

Marisca Stander het in die 5000m stap vir dogters 0/17 ‘n 4de plek behaal,

Marlene Bester behaal ‘n 7de  plek vir die paalspring dogters o/15,

Jakkie Cilliers verower ‘n 8ste plek in die 400m hekkies vir dogters ouderdom o/17

Saroné Grobler spring ‘n 7de plek in die driesprong vir dogters o/17

Nica behaal ‘n 6de plek in paalspring en 10de plek in die 2000m hindernis vir dogters o/17.

Motseki Mosikidi het ‘n 6de plek  behaal in die 400m hekkies vir seuns o/19

Vuyani Jacobs neem die 8de posisie in die 400m hekkies vir seunso/17.

Baie geluk aan al hierdie atlete met uitstekende prestasies!