Witteberg se 0/15 netbalspan is die wenners van die Motsepe-beker. Hul sal gedurende Oktober aan die Nasionale kampioenskap deelneem.

Witteberg het in die finaal van die beker teen Oranje Meisieskool kragte gemeet. Hulle wen die wedstryd met 21 doele teenoor 19.

Die meisies is van links voor: Michaela Naude, Keisha Liebenberg en Yolani Fourie

Agter van links: Xanda de Jager, Marnelle Taljaard, Elzarie Botes, Franci Bibbey, Sue-Mari Claassen en mev. Carlen Schutte (Afrigter)