Twee hokkiespanne van die Hoërskool Witteberg op Bethlehem het deelgeneem aan die Vrystaatbeker in Bloemfontein die pas afgelope naweek. Die onder 16 seuns en dogtersspanne het die Oos-Vrystaat verteenwoordig by die toernooi.

Wat die dogters betref het Witteberg ook baie goed begin in hulle eerste wedstryd teen Hoërskool Goudveld van Welkom. Hulle het die wedstryd, 10-0 gewen. Daarna was die groot uitdaging Oranje Meisieskool van Bloemfontein. Witteberg het die wedstryd 0-3 verloor. Die volgende dag het die span van Witteberg teen teen Sasolburg gespeel in hulle laaste wedstryd vir die toernooi. Hier het Witteberg weer gewys hulle is ‘n krag om mee rekening te hou deur die wedstryd 8-0 te wen en sodoende tweede in die Vrystaat te eindig.

Hokkie dogters (FOTO BO)
Tweede in die Vrystaat! Voor is Izelke Craven, Nepo Serage, Nadja Fourie en Mariné van Zyl. Agter is Zilke Heyns, Suné Smit, Catelen Briedenhann, Lené Marais, Maruné McPhail, Marisca Miles, Genevive Godoy, Alicia Clack en Niché Odendaal.

Die seunsspan het Vrydag eerstens teen Blouskool van Kroonstad te staan gekom en 0-0 gelykop gespeel. Daarna het ‘n wedstryd teen St. Dominics voorgelê. Hier het die Witteberg seuns ook ‘n gelykop uitslag afgedwing van 1-1. Saterdag het die span van Bethlehem teen St. Andrews sake uitgespook, maar die span van Bloemfontein het van die begin af die oorhand gehad en die wedstryd gewen.

WITTEBERG HOKKIES SEUNS PRESTEER VRYSTAAT

Hokkie Seuns (FOTO BO):  Die onder 16 seuns hokkiespan van Witteberg is voor van links Aiden Shields, Gustav Dreyer (afrigter), Kingsley Mosia, Tshepang Khalane en Fanie Mofokeng. Agter is Neo Lephoto, Tshepo Khalane, André Kühn, Martoux Willemse, Joël Opperman, Marco Bezuidenhout, Michelle Saaiman (afrigter), Handrë Linström, Professor Maqelepo, Luan de Lange en Theunis Bredenkamp.