Willem Postma se o/11 seuns tennisspelers het die week vanaf 26 tot 29 April aan die INTER AFRICA TENNIS 4 LIFE 0/11 TENNISTOERNOOI op Bethlehem deelgeneem.

Die spelers was Ben Scholtz, Dian Havenga, Stehan vd Merwe, Nico Corbett en Ivan Hoffman.

Ons span het in die seuns A liga meegeding teen 15 ander skole van oor die land, waar onder Stellenbosch, Polokwane, Durban en Upington.

In die A liga was daar vier groepe van vier skole elk.

In die uitdunrondtes het ons eerste van al vier die groepe geëindig waarna ons in die uitkloprondtes teen drie ander skole (Grey A en B en Eikestad)

Daar was tennis van hoogstaande gehalte gespeel.

Elkeen van die Willem Postma spelers het absoluut puik sportmangees getoon en verdien werklik om die wenners te wees.