WILGIES  SE  1STE  XV  VERWOESTEND!

Hoërskool Wilgerivier se 1ste rugbyspan stoomroller nogsteeds oor die een span na die ander.  Hulle het reeds die Oos-Vrystaatliga, asook die Griffons Plattelandliga ingepalm.  Hulle is nou op pad na die laaste hekkie in hulle segetog.  Saterdag speel hulle in die semi-finaal van die Kovsieliga teen President Steyn van Bloemfontein op Welkom.  Soos dit nou lyk gaan niks dié manne en hulle afrigters stuit om die Kovsiekroon te verower nie.