Kani Moshe… die Wilgies se eie Bolt!  Op 11 Maart 2017 tydens die Vrystaat Laerskole Atletiekkampioenskap in Sasolburg, het Kani gewys van watter staal hy gemaak is.  Hy is in die Vrystaatspan ingesluit wat na die S.A.
Atletiekkampioenskap in Potchefstroom gaan.

Hy behaal die volgende:
1ste plek : 200m Hekkies
3de plek : 100m
5de plek : Verspring
2de plek : Oos-Vrystaat aflosspan
Baie geluk, Kani!  Dis kookwater atletiek!