Die 0/12 A netbalspan van Welkom Volkskool het al verskeie toernooie gewen gedurende hierdie jaar. Hulle het koning gekraai vroeër in die jaar tydens die Odensia Aandreeks. Op toer in Bloemfontein het hulle die ITEC en Laerskool Bloemfontein se netbaltoernooi gewen en nou gedurende die liga het hulle met Riebeeckstad, Aurora, Bedelia, Brandwag en Merriespruit afgereken. Tydens die Lejweleputswa uitspeelwedstryde het hulle met Dagbreek, Hoopstad en Virginia Volkskool afgereken en dus teen Merriespruit in die seme-finaal geseëvier om in die finaal teen Odensia te speel. Hulle het dit dus reg gekry om vir Odensia met vier doele te klop. Hierdie Lejweleputswa kampioene sal 16 en 17 Junie aan die Vrystaatbeker deelneem.

 

Voor: Ashley Wasyliszyn en Megan Wepene

Agter:    Danika Smith, Cay-Lee Roets, Nadia Myburg, Mev. Suzette Louw (afrigter), Ilke de Klerk, Britney Wasyliszyn, Hailey Harker en Megan v.d. Walt