Welkom Volkskool se hokkie het weereens gewys waarvan hulle gemaak is. Hierdie meisies het met hart en siel op die hokkieveld geklim, hulle harte uitgespeel en daarom kan hulle met trots sê hulle is deel van die 0/12 Lejweleputswa hokkiespan. Hierdie meisies oefen tans hard om gedurende Augustus ‘n sukses van hulle toer na Vanderbijlpark te maak.

Hulle is van links na regs:     Danika Smith, Mienke Nieuwenhuis, Jeané Venter en Megan Wepener.

Ons as Volkies is baie trots oop hierdie passievolle meisies.