Hokkie vloei deur hulle are. Hierdie twee meisies van Welkom Volkskool weet presies waartoe hulle in staat is op die hokkieveld en daarom juis het hulle, hulle kanse ten volle benut en die keurders se harte warm laat klop. Levi Oehley en Kaylee Hall is opgeneem in die Noord-Vrystaat 0/12 hokkiespan wat gedurende die Junie-Julie skoolvakansie aan die Interprovinsiale hokkietoernooi te Krugersdorp gaan deelneem. Ons Volkies is baie trots op hierdie twee jong dames.