Twee spanne van Welkom Gimnasium in Welkom,onder leiding van Juf Rossouw, het deelgeneem aan Kyknet se Skole Kook Kompetisie.  Gimmies se opdrag was maalvleis met n kinkel.

Charne du Toit & Wian van Staden toor met maalvleisballetjies terwyl Carmen Harrison & Joane van der Merwe Bobotie na ‘n heel nuwe vlak neem.

Die Gimmie span kook ‘n plek los in die Vrystaat semi-finaal. Na ‘n lang dag voordie potte , kook Welkom-Gimnasium ‘n plek los in die Vrystaat Finaal.  Hou die Gimmies dop Woensdag 4 Oktober om 07:45 op DSTV kanaal 144 as ons die Goudvelde verteenwoordig in die Vrystaat-finaal.

Gimmies gaan Kook!