Wat `n puik prestasie deur die span van mnr. Donovan Pieterse en mnr. Niel Viljoen. Hulle speel aanskoulike rugby en lewer `n hoendervleis finaal op `n dag wat hul as onoorwonne afsluit deur Jim Fouche in die finaal te klop.

Hou gerus `n oog op die manne in 2016. Hier is iets groot aan die gebeur. Baie geluk en baie voorspoed met julle seisoen.

Die Gimmies se o/19 A en -B spanne speel ook voortreflike rugby op die dag. Die A-span val met slegs een wedstryd vas en kan baie gelukkig voel met hulle spel. Die wedstryd kon net sowel anders daaruit gesien het.

Die o/19 B span verloor twee wedstryde, waarvan een teen ons A-span.

Baie geluk aan die spelers en afrigters.

FOTO BO:  Die trotse wenners van die o/16 Finaal.