FNB Classic Clashes

Wat `n fees om `n Uppie te wees! Klein Interjol is verby en almal is dit eens dat dit `n pragtige dag was.

UPPIES CLASSIC CLASHES 1Die Uppie-sportgronde het nog nooit mooier gelyk nie. Die fasiliteite was oorgenoeg en nêrens was lang rye nie. Die 4 verskillende verkooppunte het gemaak dat almal vinnig en flink bedien is.

 

Die lekkerste van die dag was egter die regte karnaval atmosfeer wat daar geheers het. Dit was maklik en gerieflik om alle sport te sien en die klomp gazebo`s, die oranje-baniere, lemoene om die bome en `n klomp pragtige entosiastiese Uppies het die dag verder prentjiemooi ingekleur.

UPPIES FNB CLASSIC CLASHES 2

`n Groot dankie aan FNB, oud leerling en toeskouers. Ons leerders kon deelneem aan sport en dit geniet. Goeie sportmansgees het geheers en na afloop van die dag kan almal sê dat sport die wenner was.

UPPIES FNB CLASSIC CLASHES 3

Voorwaar nog `n pragtige dag, op die Uppie – Verjaarsdagkalender!