Die 1e meisieshokkiespan van Voortrekker het die naweek tydens hul deelname aan die Vrystaatbeker in Bloemfontein geskiedenis gemaak deur in die beslissende wedstryd om die Vrystaatbeker 4 elk gelykop te speel teen die nr.1 hokkieskool in die land, Oranje. Voortrekker het van die begin af hulself laat geld deur eerste punte aan te teken en vir groot gedeeltes van die wedstryd voor te loop. Hul eindig egter 2e in die Vrystaat op grond van doelgemiddelde. Hul het tydens die toernooi ook met Sasolburg 5-0 en Hentie Cilliers 8-0 afgereken. Na 25 wedstryde sluit hierdie span hul seisoen ONOORWONNE af.

Foto 1ste meisies (BO)

1ste meisies 2015

Bianca Smit, Marisha Swart, Zulaika Nieuwoudt, Megan-Louise Willis, Elizna Herselman, Ané van der Merwe, Elmarize Knobel, Sollie Cronje

Kyli Becker, Inalé Coetzee, Marlé Claasen, Marike Meyer, Jana Claasen, Erika Knobel (afrigter), Emile Odendaal (afrigter), Maritha van den Berg (afrigter), Carlien Horn, Ernelene Bothma

 

Ons 1e seunshokkiespan eindig 2de in Vrystaat.

BVHS 1ste seunshokkie

In 2013 en 2014 wen die seuns die Oos-Vrystaat liga en dring deur na die Vrystaatbeker maar eindig al twee kere 4de. Dit is die bewys dat resultate die selfde bly as die inset dieselfde is. Hierdie jaar pak ons dit egter anders aan. Daar word geoefen in die af-seisoen, ons oefen vir die eerste keer ‘n volle seisoen op die astro, ons het ‘n hokkie-kenner by die skool en ons speel, nadat die seisoen klaar is, elke naweek tot en met die Vrystaatbeker ‘n wedstryd. Ons sluit die Oos-vrystaat liga op ‘n hoë noot af deur Harriston 7-0 te wen. Weer dring ons deur na die Vrystaat beker. In die eerste wedstryd verloor ons 3-0 teen Grey, in die tweede wedstryd speel ons 1-1 gelykop teen Blouskool en in die laaste wedstryd wen ons 3-1 teen St. Dominics. Dit gee aan ons die 2de posisie in die Vrystaat. Ek bedank elke seun wat met hart en siel geoefen en gespeel het hierdie seisoen. Ons is ook bevoorreg om ‘n korps opbouende en lojale ouers te hê wat bankvas agter die span staan. Ons vergeet nie dat alles in die lewe net genade uit die Vader se hand is nie!

1ste seuns 2015

Foto 1ste seuns 2015

Voor: Sean Dieroff

Eerste ry: CJ Lamprecht, Nardo Pieters, Marcel Engelbrecht, Dieter Bochnig, Jörik Potgieter, Lereko Mokoena

Tweede ry: Itumenleng Mofokeng, Henco Pelser, Francois Geldenhuys (afrigter), Ruan Venter, Zane Esplin, Christoff Janse van Vuuren, Derek Allison, Nicus Bothma

IMG-20150829-WA0006 Voortrekker Hokkie