Toegewydheid en talent is die hoof bestanddele in die Trekker-atlete se topprestasies.  BVHS wen die byeenkoms oortuigend. Die dag is gekenmerk deur die groot aantal atlete wat deelgeneem het aan  die onderskeie items.  Die aflosspanne het die Oos-Vrystaatskare nie teleurgestel nie.  Die uitslag van 9 uit 10 goud- en een silwermedalje, was vir die trotse Trekker-gemeenskap die hoogtepunt van die dag.

’n Ryke medalje-oes was die gevolg van puik tye en afstande. Voortrekker sluit die byeenkoms af met 139 medaljes waarvan 73 goud-, 36 silwer- en 30 bronsmedaljes was. Voortrekker gaan deur 85 atlete verteenwoordig word op die Vrystaatkampioenskappe.

Die dag is ook gekenmerk deur  16 rekords wat deur BVHS-atlete verbeter is.   Voortrekker is baie goed verteenwoordig onder die top-atlete van die byeenkoms met 11 atlete onder die top 50 atlete. Atlete onder die top 50: Henriëtte Cronje (2), Hannes Kruger (3), Wynand Swanepoel (4), Cara van Wyk (7), Danco Claassen (8), Ismarie Bouwer (18), Bianca Engelbrecht (19), Lieze Fouche (28), Ane van der Merwe (32), Seuns o/19 aflos (36), Alexa van Wyk (47).  (FOTO BO)

Oos-Vrystaatatletiek is van hoogstaande gehalte en is’ n krag waarmee die res van die Vrystaat mee rekening moet hou.