Tydend die Vrystaat kampioenskappe slaag BVHS daarin om die meeste medaljes te oes . ‘n Ongelooflike 51 medaljes in totaal

Voortrekker het ook daar in geslaag om die meeste atlete in die Vrystaat span te hê.  22 Trekkers sal aan die SA Atletiekkampioenskappe in Durban deelneem vanaf 28 Maart 2017

Met die Aflosse het BVHS skoonskip gemaak en 8 uit die 10 medaljes los gehardloop (4 Goud, 2 silver, 2 brons).

Baie geluk aan Wynand Swanepoel wat aangewys is as die beste seunsatleet in die Vrystaat.  Terwyl ook Hannes Kruger (Gewigstoot s/16) 17.16m, Corlia du Plessis (Hindernis d/15) 06:08:21 en Wynand Swanepoel (Diskus s/15) 61.97 almal rekords verbeter het tydens die byeenkoms.

Die volgende atlete is ingesluit in die Vrystaatspan:

 

Voor v/l:  Cara van Wyk, Helen Wessels, Shane Buys, Lané van Vuuren, Ané van der Merwe, Maruschka Nieuwoudt,

1de ry v/l:  Nicoleen Cronje, Bianca Lessing, Ismarie Bouwer, Corlia du Plessis, Janeli de Jager, Chinell Becker’

2de ry v/l:  JW van der Merwe,  Jan du Toit, Wynand Swanepoel, Petrus Claasen, Nathan Naudé,

Agter v/l: Hannes Kruger, Jomar Oosthuizen, Tiisetso Mofokeng, Lovelle Loubser