Die koswerklikheidsreeks Kokkedoortjie begin op 5 April 2017 op televisie te draai.
Hierdie reeks word op Woensdae om 20:00 op kykNET uitgesaai en sal tot ‘n einde kom op 28 Junie.

Een van Grey Kollege se leerders, Christi Myburgh (14), gaan nie net die skool se naam hoog hou in hierdie reeks nie, maar ook Bloemfontein en die Vrystaat!

Hier is ‘n voorsmakie van Christi en die reeks wat uitgesaai gaan word.