Vier leerlinge van Bethlehem Voortrekker Hoërskool is gekeur om aan die FSA Jeuguitruilprogram na Duitsland deel te neem. Hulle gaan vir vier weke tydens die Junie – Julie vakansie by gasgesinne in Duitsland woon, waar hulle ook moet skoolgaan en as ambassadeurs vir SA moet optree. Hierdie program het ‘n groot impak op ‘n individu se persoonlike en intellektuele groei en ontwikkeling. Hulle is:Janell Liddell (gr 10), Quelene de Jager (gr 11), Jana Michau (gr 11) en Celeste Liebenberg (gr 10).