Verskeie seuns en personeel van Hoërskool Hennenman verteenwoordig die o.16- en o.19-Sandveldspanne gedurende die vakansie op die VKB-uitnodigingsweke as spelers, afrigters en spanbestuurders.

Agter v.l.n.r. op die foto is: Mnr. Frans Kruger (afrigter o.19), Dewald Hamman (o.19), Thinus Claassen (o.19), Cornel Fourie (o.19), Mnr. C. Schlebusch (spanbestuurder o.16), Ryan Engelbrecht (o.16), JC Kleynhans (o.16), Xolani Gongo (kaptein o.19) en mnr. A. van Niekerk (afrigter o.16). Voor v.l.n.r. is Gerrit Ferreira (o.19) en Carlos Kosha (o.16).

Die o.16-Sandveldspan was by die VKB-uitnodigingsweek in Frankfort en die o.19-Sandveldspan  by die VKB-uitnodigingsweek in Reitz.