Hoe heerlik is dit nie om in ‘n rustige, ontspanne atmosfeer te lê en gesels (of te slaap!), terwyl jou sentimeters pynloos verdwyn nie.

Curve-U se behandelings vind 1 keer per week plaas en duur ongeveer ‘n uur. Die behandeling bestaan uit twee dele: die “ultrasound” veroorsaak ‘n versteuring in die vetselle en mikroskopiese borreltjies vorm in die selletjies. Die energie wat gevorm word deur die proses, veroorsaak dat die vet én vetsel klein opgebreek word en via die limfsisteem na die lewer vervoer word, waarna jou liggaam dit uitskei. Die radio-frekwensie stimuleer weer die groei van kollageen, wat ‘n belangrike bousteen is van are en aarwande. Dit vernuwe die vel, help om dit styf te trek en verminder selluliet en rekmerke.  Die masjiene is só ontwerp dat dit verskillende stellings het vir die verskillende dele van jou liggaam, en weekliks word dit dan ook sterker gestel om sodoende by die volgende vetlagie uit te kom.

 

Hoeveel jy as persoon gaan verloor gaan afhang van jou liggaam se reaksie op die behandeling, asook van ander faktore (sien www.curve-u.co.za). Jy begin met ten minste 4 behandelings en is ook veronderstel om opvolgbehandelings te kry 1 keer per maand.

Skakel 074 640 0964 vir navrae en besprekings.