Hokkie:   Die eerste seunshokkie span van Hoërskool Upington het die afgelope naweek gaan deelneem aan die K2 top toernooi te Oudtshoorn.

UPINGTONG HS OUDTSHOORT TOER

Hier volg die uitslae:

  1. Uppies vs De Kuilen – 1 elk gelykop
  2. Uppies vs Hoërskool Oudtshoorn – Verloor 0 – 1
  3. Uppies vs Nico Malan – Verloor 0 – 1
  4. Uppies vs Brackenfell – Verloor 0 – 1

Mason Adams is dan ook aangewys as Uppies se beste speler van die toernooi. Baie geluk !

Hokkie

UPINGTON HS OUDTSHOORN TOER APRIL MEI 2016

Oudtshoorn uitslae:
Uppies se 1ste Meisies het aan die K2 toernooi deelgeneem in Oudtshoorn. Speel in totaal 4 wedstryde en het Maandag uitgespeel vir 3de en 4de plek in toernooi. Speel gelykop teen Hoërskool Oudtshoorn en eindig agv punte 3de in toernooi.

  1. De Kuilen vs Uppies – wen 1-0
    2. Langenhoven Gim vs Uppies – verloor 1-0
    3. Brandwag vs Uppies – wen 1-0
    4. Oudtshoorn vs Uppies – gelykop 1-1

Netbal

UPINGTON HS OUDTSHOORN TOER APRIL

Uppies netbal het gedurende die lang naweek aan die K2-toernooi in Oudtshoorn deelgeneem.  In baie koue en nat weersomstandighede het hulle teen sterk kompetisie soos Brackenfell en Brandwag meegeding en baie waardevolle ervaring opgedoen. Die uitslae was as volg:

Wen Langenhoven Gimnasium 13-11

Verloor Brackenfell 15-23

Verloor Jim Fouché 16-24

Verloor Brandwag 19-23

Wen Bonnievale 22-13

Verloor Worcester Gimnasium 18-32

Ons eindig die toernooi algeheel 8ste.

Liza-Mari Groenewald (foto onder) word ook by die toernooi aangewys as speler van die wedstryd uit al die wedstryde gespeel vir Hoërskool Upington en ontvang n R400 geskenkbewys van Tekkie Town.

UPINGTON HS OUDTSHOORT TOER SPELER VAN TOERNOOI