Ruan Thompson en Riaan Knoetze van Rooiskool het aan die NVS Geslote Muurbalkampioenskappe deelgeneem.

Riaan eindig 3de in die 0/19-seunsgroep en Ruan was die naaswenner in die 0/14-seunsgroep.  Albei van hulle verwerf NVS provinsiale kleure en sal die provinsie op die Vrystaatkampioenskappe vanaf 8 – 10 April verteenwoordig.