Tumi Mokoena, eerstespan- en Vrystaatnetbalspeelster van  Hoërsool Voortrekker is gekies vir die o/16 Suid-Afrikaanse netbalspan wat vanaf 29 Augustus tot 2 September 2017 aan die COSASSA games te Lesotho deelgeneem het.  Tydens hierdie internasionale toernooi, was Tumi deel van die SA-span wat die toernooi gewen het.