Die leerders van laerskool Truida Kestell in Bethlehem het die afgelope naweek ateljee-opnames laat maak vir hulle “Annie”-produksie, wat in September op die verhoog sal wees. Dié skool word nie verniet as die nommer een kultuurskool in die Oos-Vrystaat gereken nie. Hierdie skool bied jaarliks sangfeeste aan waar elke kind in die skool deelneem. Die gehalte  van hierdie produksies is uitstaande. Dié “Annie”-produksie beloof om alle vorige produksies te oortref. Foto: Laura Sheperd (Annie)