Moenie hierdie leerders van Laerskool Truida Kestell in Bethlehem sonder handskoene aandurf nie. Hulle presteer uitstekend tydens die Lions Super Liga in Johannesburg.

Voor: Corrie de Klerk (Goud vir Kata en Kumite), Hanre Dreyer (Silver vir Kata en Kumite), Lerato Mokoena (Goud vir Kumite), Katleho Moloi (Goud vir Kata en Brons vir Kumite)

Agter: Manny Lourenco (Silver vir Kata en Kumite), Annchen Weihmann (2 x Goud, Silver en Brons vir Kata)

Truidjies is trots op ons karatekas.