Hoërskool Sentraal het 7 plekke, 4 medaljes en 4 trofeë ingepalm gedurende die Wiskunde Prestige Prysuitdeling wat op 24 November 2015 te Universiteit van die Vrystaat plaasgevind het. Die prysuitdeling poog om leerders te beloon wat uitnemend in Wiskunde in die Vrystaat en Noord-Kaap gedurende 2015 presteer het. Die top 10 leerders in graad 7 tot graad 12 word genooi en ontvang dan ‘n sertifikaat asook pryse. Daar word ook twee trofeë vir elke graad uitgedeel, een vir aanmoediging en een vir volgehoue prestasie.

TRALIES WISKUNDE 2

Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend presteer het:

Graad 8

Ettiënne Botes wat ‘n sewende plek behaal het.

Ruan Joubert wat ‘n vyfde plek behaal het.

Handré Venter wat eerste was onder die graad 8’s en ‘n goue medalje ingepalm het. Hy het ook ‘n beker gekry vir volgehoue prestasie.

Graad 9

Albert Dreyer het die eerste posisie beklee en ‘n goue medalje ontvang. Hy het ook ‘n beker vir aanmoediging gekry om nog beter te presteer.

Graad 10

Corlé van der Walt het ‘n vyfde plek behaal.

TRALIES WISKUNDE 3

Janco Venter het ‘n derde plek beklee wat hom ‘n bronsmedalje besorg het asook die beker vir aanmoediging.

Soné Du Pisanie het ‘n eerste plek behaal en daarom het sy ‘n goue medalje gekry. Sy het ook die beker vir volgehoue prestasie ontvang.

TRALIES WISKUNDE 5

Hoërskool Sentraal is baie trots op hierdie sewe leerders en spog met die Tralies wat DRIE uit die vyf eerste plekke in die afdeling vir hoërskoolleerders beklee het.