Die eer het Nadia Meiring, die Hoërskool Sentraal se sportster, te beurt geval om die Vrystaat te verteenwoordig tydens Vrystaat Atletiek se mediakonferensie. Die geleentheid word op 5 Maart 2015 deur die LUR van sport aangebied. Tydens die konferensie gaan sy as die ambassadeur in hamergooi optree.

Nadia het uitstekend presteer tydens die jaarlikse HTS Louis Botha 2015-Atletiek uitnodigingsbyeenkoms. Sy ontvang twee trofees: die beste hamergooiprestasie tydens die byeenkoms asook die Victrix Ludorum vir die beste prestasie gelewer.