Die sesde THEPA TRADING NETBALTOERNOOI vir streekspanne, in samewerking met VKB, het vanaf 18 – 21 Julie 2017 op Hennenman plaasgevind en agt spanne het deelgeneem. Daar was vier spanne uit Lejweleputswa – die Rooikatte, Flaminke, Lions en Tiere, een uit Oos-Vrystaat – die Kosmosse, een uit Xhariep Platteland, een uitnodigingspan – die Relekile Warriors en een uit Fezile Dabi – die Kiewiete.

Netbal van hoogstaande gehalte is gelewer. In die uitspeelrondtes het die die Oos-Vrystaat Kosmosse met Xhariep Platteland en die Lejweleputswa Tiere met die Fezile Dabi Kiewiete afgereken om sodoende in die finaal te speel. Die Lejweleputswa Tiere het as wenners van die toernooi geseëvier.

‘n Toekenning vir die span met die beste gees is aan Xhariep Platteland gemaak, terwyl die trofee vir die aanskoulikste netbal aan die Fezile Dabi Kiewiete toegeken is.

Trofeë is ook toegeken aan die beste speler (vir die toernooi) per posisie. Dit was as volg:

Doel (D)                                     Tessa Pretorius (Welkom Gimnasium)                Lejweleputswa Tiere

Hulpdoel (HD)                           Melinda Karsten (Hoërskool Zastron)                  Xhariep Platteland

Aanvallende vleuel (AV)             Shazelle Huijunk (H/S Goudveld, Welkom)          Lejwelputswa Tiere

Senter (S)                                  Rozia Lynch (Edmund Rice, Welkom)                 Lejweleputswa Lions

Verdedigende vleuel (VV)          Keabetsoe Ramotseca (Hoërskool Sasolburg)    Fezile Dabi Kiewiete

Hulpverdediger (HV)                   Uthimma Kwinana (Edmund Rice, Welkom)        Lejweleputswa Lions

Hoofverdediger (V)                     Delmari Hoffman (Hoërskool Hennenman)          Lejweleputswa Flaminke

Veelsydigste speler                   Aniska Liebenberg (Sandveld, Wesselsbron)       Lejwelputswa Flaminke

Beste vordering op toernooi       Kearabetswe Mohlabakoe (Relekile, Hoopstad)  Relekile Warriors

Op die foto is die Lejweleputswa Tiere, die wenners van die toernooi.

Agter v.l.n.r.:  Joané Kotze (skeidsregter), Mari Ferreira, Tessa Pretorius, Anna Hlabahlaba (k), Angelique du Plessis (o/k), Colette Uys, Vuyiswa Mnyimbane, Marie de Wet (afrigter) en Amanda Tomas (Thepa Trading – hoofborg)
Voor v.l.n.r.: Anneke Nieuwenhuizen, Shazelle Huijink, Amoré de Beer en Tumelo Pheko.