Hoërskool Wilgerivier se Eerste Dogters Tennisspan het Hoërskool Witteberg met 21 spelle tydens die ligawedstryd gewen, terwyl die seuns- en dogtersspanne hulle ligawedstryde teen Voortrekker wen.  Hiermee palm die Eerste dogtersspan hulle liga vir die seisoen in!  Wat ‘n skitterprestasie!

Mareli Müller wen haar daagwedstryd op die Oos-Tennisleer teen Diana Brussouw van Voortrekker met 6-1 en  6-3.
Marike Muller wen haar daagwedstryd op die Oos-Tennisleer teen Lucé du Toit van Witteberg met 6-0 en  6-1.
Frankfort se Tweede Dogters Tennisspan wen Reitz se Eerstespan met 3 spelle!

Foto seuns & dogterspan:
vlnr:       Jan Hendrik Breytenbach, Marike Muller, HW Müller, Mareli Müller,
Kobus Hattingh, Esthie van Heerden, Armand van der Walt en Lené Muller.

Foto dogterspan:
Vlnr:      Mareli Müller, Esthie van Heerden, Lené Muller en Marike Muller.