Hoërskool Kroonstad het ‘n sweiskursus in samewerking met Merseta en Flavius Mareka Kollege aangebied vir 15 leerders. Die leerders is in graad 9 en graad 10, hulle is gekies op grond van hulle kwartaal gemiddelde om aan die program te kan deelneem. Die sweiskursus is ‘n “skills program” wat die leerders doen. Die kursus is glad nie deel van die leerders se sillabus nie maar ‘n afsonderlike kursus wat ekstra aan die leerders gebied word. Die kursus het op Vrydae plaasgevind en het oor ‘n periode van 10 weke gestrek. Die leerders leer handvaardighede wat kan bydra tot hulle toekoms. Aan die einde van die kursus het die leerders ‘n sertifikaat wat geakkrediteer word deur Merseta ontvang.

Voor: Vuyiswa Mgxekwa, Jacques Noeth, Jaco van Zyl, Hendrik Trollip, Monique Venter, mnr. Janneman Kotze

Middel: Saieed Canell, Pierre Greyling, Jacques van Biljon, Shaun Fourie

Agter: Chadley Stockenstroom, Christiaan Bronkhorst, Morné du Preez, Eben Bezuidenhoudt, Joubert Rossouw.

FOTO: Aletta de Nysschen