Die vakansie was propvol sport vir die Steyner netbal- en rugbyspelers.  Dit het goed gegaan met al ons spanne en die leerders het dit vreeslik geniet.

Die laerskool 0/11 en 0/13 Netbal het na Ficksburg getoer en die 1ste netbalspan na Port Shepton.  Die 0/16 Rugby na Vrede en die 1ste span na Parys.

Ons is baie trots op al ons spanne.