Stéfan du Plooy van Truida Kestell in SA Nasionale Seuns o/12 groep

Truida Kestell in Bethlehem is beslis ‘n skool waarmee rekening gehou moet word. Stéfan du Plooy is Saterdagaand in Potchefstroom met die junior meesters gala-aand in tennis SA se nasionale seuns O/12-groep opgeneem. Die groep bestaan uit slegs 22 lede. ‘n Unike prestasie waarop hy baie trots kan wees. Stéfan is beslis ‘n ambassadeur vir tennis asook vir sy skool.