Groot opgewondenheid heers oor volgende jaar se splinternuwe Sentrale Skole Ligareeks!

Witteberg gaan saam met sewe ander skole op ‘n krag-teen-krag basis teen mekaar meeding in rugby, netbal en hokkie.

Witteberg is ingedeel saam met Hoërskool Noord-Kaap (Kimberley), Sentraal (Bloemfontein) en Fichardtpark (Bloemfontein).

Die ander groep bestaan uit Voortrekker, Diamantveld (Kimberley), Jim Fouché (Bloemfontein) en Goudveld (Welkom).

Witteberg is baie trots op Mnr Leander Taljaard, Mnr Magnus Buys en Mev Anke Jordaan, wat almal tot die bestuur van die nuwe reeks verkies is! Datums en bepalings sal in November gefinaliseer word.