Iselle van den Heever van JF het onlangs die Hennie Joubert Meriete prys vir dwarsfluit (Unisa Graad 7) ontvang. Net twee kandidate per graad word landswyd gekies. Sy is ook ingesluit in die Odeion School of Music Cametata, waarin net naskoolse studente gewoonlik speel.