HOËRSKOOL SENTRAAL SE NETBALSPANNE IS KOOKWATER IN 2015!

 

Al Sentraal se A-spanne het deurgedring na die finaal van die stadsliga terwyl die ander spanne se

finale eers volgende kwartaal beslis sal word.  Tydens die finale het die Tralies hul goeie prestasies van 2015 voorgesit deur in drie van die vyf A-ligas as stadswenners koning te kraai.  Die tellings was as volg:

19 A wen @ Oranje 32-26

17 A verloor @ Oranje 11-22

16 A wen @ Oranje 24-14

15 A wen @ Oranje 21-14

14 A verloor @ Oranje 12-26

Die wedstryde was taai en die opponente gedug, maar die Tralies het voortgeveg totdat die eindfluitjie, na die verbete stryd geblaas het.  So het ‘n suksesvolle seisoen geeïndig.

Die Tralie A-spanne neem op 12 en 13 Junie 2015 in

Bethlehem aan die Vrystaat Kampioenskaptoernooi deel. Spanne regoor die Vrystaat gaan meeding om te bepaal wie die Vrystaatwenners in die onderskeie ouderdom afdelings gaan wees.

Die toernooi beloof om hoë gehalte spel op te lewer en die Tralies sal alles in die stryd werp om in

2015 vir die 9e agtereenvolgende keer as Vrystaatwenners gekroon te word.