Senties se 0/12 netbalspan het kookwater netbal gespeel hierdie seisoen. Hul wen die Odensia aandreeks asook die Fezile Dabi Bathu A liga. Hiermee dring hulle deur om aan die Vrystaat kampioenskappe te gaan deelneem in Odendaalsrus op 16+17 Junie.

FOTO BO:

Voor: Monique van Wyk, Lize Relling, Leigh-Ann De Winnaar.

Middel: Emma Schutte, Joret Olivier, Anri Kleynhans.

Agter: Mev. A. Snyman, Ilani Klopper.